PROFPORT 
Professionele Portefeulje Bestuursdienste
 
Profport
Afrikaans :: English

¤ Profiel ¤

Ons Missie

Om as virtuele boedelbeplanners deur middel van omvattende bestuur absolute gemoedsrus by ons kliënte te verseker met die oog op:

  • orde in die boedel vir spoedige boedelbereddering ingeval van afsterwe;
  • onmiddellike maandelikse besparing; en
  • finansieël-onafhanklike aftrede.

PROFPORT is verbind tot Christelike beginsels en integriteit.


Wie is ons?

Nic van der Walt - Finansiële Adviseur AFP
AFP – Associate Financial Planner
  • Nic is ons besturende lid en is hoofsaaklik verantwoordelik vir PROFPORT se dienste, i.e. finan-siële regsdienste, testamente, trusts en boedel-beplanning.
  • Hy het intensiewe opleiding ontvang by Ou Mutual Finansiële Adviesdienste, ILPA-studies (wat insluit relevante regskennis) en verdere selfstudie. Daarby het hy uitgebreide sake-ondervinding en het verskeie suksesvolle besighede bedryf totdat hy in 1988 die finansiële bedryf betree het op ‘n onafhanklike basis.
  • Hy glo daaraan om sterk te belê in eiendom en is ook betrokke by eiendomsontwikkeling.
  • Hy is ‘n geregistreerde verteenwoordiger vir die lewe-ring van finansiële dienste en verskaffing van advies by die FDR (Finansiële Diensteraad) en is 'n lid van die Finansiële Beplanningsinstituut (FPI).

Riëth Schnetler – Kantoorbestuurder
  • Riëth is verantwoordelik vir die administrasie en im-plementering van dienste.
  • Riëth het in 1994 die graad B.Com. Ondernemings-bestuur behaal aan die Universiteit van Pretoria.
  • Sy is sedert 1995 betrokke in die lewensversekerings-bedryf en reeds sedert 1996 deel van die PROFPORT-span.
  • Sy is ‘n geregistreerde verteenwoordiger vir die ver-skaffing van finansiële advies by die FDR (Finansiële Diensteraad).


PROFPORT beskik oor ‘n groep bekwame personeel en assosiate.


Professionele Fooie

PROFPORT lewer unieke en gespesialiseerde dienste teen ‘n fooiestruktuur, wat verseker dat u nie-kommissiegemotiveerde, objektiewe en professionele dienste ontvang.


Drukkervriendelike Weergawe