PROFPORT
Professionele Portefeulje Bestuursdienste |
||||||||
![]() | ||||||||
| Afrikaans :: English | ||||||||
|
¤ Profport ¤ Boedelbeplanning (in Lewe) - die Profport-benadering Waarom Boedelbeplanning? ‘n Buigbare boedelplan waar uself as boedeleienaar in beheer is, is van kardinale belang. U boedel behoort deurlopend beredderbaar te wees terwyl u nog lewe. Onder andere sal die volgende aspekte aandag moet kry:
‘n Gestruktureerde boedelplan gedurende u leeftyd gee gemoedsrus en die absolute wete dat die minimum ruimte gelaat word vir onnodige ontwrigting, konflik en verwarring vir die langslewendes. U kan self gedurende u leeftyd en in die proses van boedelbeplanning besluit welke bates, soos onder andere die woonhuis, behoue moet bly ná u afsterwe. Strukturering vir die korrekte likiditeit en voorkoming van ‘n insolvente boedel verhoed dat van hierdie bates te gelde gemaak sal moet word tot verleentheid en nadeel van die langslewende erfgename. Alleenlik boedelbeplanning kan bepaal of u afhanklikes nagelaat word met voldoende inflasie-verskanste inkomste, tesame met voorsiening vir addisionele kostes soos studiefooie vir die kinders, ens. Onnodige belasting, dit is inkomste-, boedelbelasting- en kapitaalwinsbelasting, kan u boedel verarm tot direkte nadeel van u erfgename. Instrumente soos familietrusts (inter vivos trusts) het meriete en word sterk gebruik met boedelbeplanning. Só kan belasting tot die minimum beperk word. Die langslewende erfgename benodig vanaf dag een inkomste vir oorlewing. Swak beplanning of verouderde beplanning (of geen beplanning) veroorsaak dikwels dat te veel kontant opgesluit lê in ‘n afgestorwe boedel tot ná afhandeling van die bereddering, wat die erfgename erg kan benadeel. By die afwesigheid van kundige beplanning kan die afhandeling van ‘n gestorwe boedel soms jare duur. Behoorlike en kundige boedelbeplanning lei tot ‘n maklike en vinnige boedelbereddering sonder haakplekke. Met boedelbeplanning word potensiële beredderingsprobleme reggestel terwyl u nog leef! U praktyk en/of besighede is dikwels die “gans wat die goue eiers lê” en boedelbeplanning moet die beplanning vir die moontlike voortsetting daarvan of winsgewende afsluiting daarvan, insluit. 9.1 "Nuwe" Trusts Boedelbeplanning met die gebruik van trust(s) het nog steeds meriete, met onder andere die volgende voordele: Bestaande trusts voldoen dikwels nie aan u behoeftes nie of vereis aanpassing by veranderde wetgewing en omstandighede. Kundigheid is ‘n noodwendigheid en PROFPORT is ook toegerus vir die oprigting van verpersoonlikte trusts, asook die wysiging of aanpassing van bestaande trusts. U moet steeds beheer behou oor die bates waarvoor u jare lank gewerk het. Die ideale boedelplan vervreem dus nie u bates en/of beheer daaroor nie. Wetgewing en/of omstandighede verander gedurig. Aanpasbaarheid en buigbaarheid van ‘n boedelplan is dus belangrik om by hierdie veranderlikes aan te pas. Terug na Profport Dienste
|
|||||||
|