PROFPORT 
Professionele Portefeulje Bestuursdienste
 
Profport
Afrikaans :: English

¤ Tuisblad ¤

PROFPORT bring gemoedsrus! Ons benadering en filosofie tot boedel- en finansiële beplanning (in lewe) is uniek en deeglik. Gemoedsrus word bewerkstellig deur middel van 'n wye reeks dienste - vanaf hoë kwaliteit aftrede beplanningsverslae tot ‘n maklik-beredderbare boedel in geval van u afsterwe.

Dit is PROFPORT se passie om 'n bekostigbare, eerlike en professionele diens te lewer en in die proses besparing op onnodige versekeringspremies te genereer, waarmee primêr die duur skulde gedelg word. Daarná beplan PROFPORT, tesame met die kliënt, aftrede met verhuurbare eiendom as hoofkomponent.

Teen geen koste vir u, belê gerus ‘n paar minute in ‘n bekendstellingsafspraak en ontdek meer van PROFPORT se filosofie en en hoe dit u kan bevoordeel.

Ons bestaande kliënte is dit eens dat dit ‘n geleentheid is wat u beslis nie moet misloop nie!